English / Afrikaans              Tuisblad     Meer oor 3 Palms     Properties: Houses / Rentals / Erfs     Gallery     Kontak     

 


Agente vir eiendomme te Boknesstrand en Cannon Rocks

Ons spog dat die ooskus die meeste sonskyn dae in Suid-Afrika geniet.  Daarom word dit die SONSKYNKUS genoem.

Boknesstrand en Cannon Rocks, geleë byna halfpad tussen Port Elizabeth (126 km) en Oos-Londen (180 km), bied heerlike weer en gematigde temperature dwarsdeur die jaar.

Boknesstrand is 'n stil en rustige vakansie-dorpie met net meer as 800 erwe en ongeveer 300 huise waarvan 150 permanent bewoon word.  Die Boknesrivier vorm 'n lagune wat deurbreek see toe as dit genoeg reën.  Aan Cannon Rocks se westelike grens is die Groter Addo Olifantpark.  Aan die noorde het 'n mens 'n uitsig oor die pragtige groen weivelde.  Boknes se historiese belangrikheid lê in die ontdekking van die Dias-kruis in 1937-38 deur prof.  Eric Axelson.  'n Replika van die kruis staan by Kwaaihoek, so 3,5 km strandlangs vanaf Boknes.

Boknesstrand is ook bekend as 'n vissermansparadys, strandhengel sowel as diepseehengel.  Hier word nog baie steenbokkies en ander kleinwild gesien.  69 Voëlsoorte is al in Boknesstrand geïdentifiseer.  In die omgewing is heelwat privaat wildplase en natuurreservate.

Net die regte plek vir die natuurliefhebber om weg te breek van die gewoel van die stadslewe!

Wil u eiendom kom besigtig? 3 Palms het verblyf beskikbaar vir kliënte van vêr. 
Kliek hier vir meer inligting.

   


kliek op kaart om te vergroot:




kliek op fotos om te vergroot


Die Boknes Lagune


Hoofstrand te Cannon Rocks


Op pad na Kwaaihoek om te hengel
 




Lid van:

        

       
 

 


Kontak:

Kantoor:  046 654 0476
Mike:  082 871 3752
Hannie:  072 339 9169