| |
Meer oor 3 Palms Eiendomme
3 Palms Eiendomme is op 1 Maart 2004 te Boknesstrand deur Mike de Nysschen gestig.
Intussen het die agentskap uitgebrei en sluit Cannon Rocks in. As gevolg hiervan en die omvang van sake, het Mike dit goedgedink om sy vrou, Hannie, te betrek en het haar laat oplei as agent.
Ons besef die waarde van opleiding en daarom word daar gereeld kursusse bygewoon wat deur die Instituut van Eiendomsagente van S.A. geïnisieer word. Op die wyse het Mike hom ook bekwaam as afslaer. Hy het gedurende April 2008 drie kursusse deurloop, geborg deur die Instituut van Eiendomsagente van S.A., Services SETA, IRPF en CRB. Hierdie kursusse is aangebied deur ‘n internasionaal erkende instrukteur van Ohio.
Op 1 Maart 2008 het 3 Palms Eiendomme met trots sy nuwe en moderne kantoorgebou geopen. Dit is strategies en gerieflik by ingang van Boknesstrand geleë.
Die agentskap en sy agente is by die Raad vir
Eiendomsagentskapsaangeleenthede, wat ‘n onderafdeling van die Departement van Handel en Nywerheid is,
geregistreer. Die agentskap is ook lid van die Instituut van Eiendomsagente van Suid-Afrika en die National Association of Realtors (VSA).
Visie:
Die benutting van die eiendomsindustrie vir die verskaffing van 'n
professionele Eiendomsagentskapdiens.
Missie:
3 Palms Eiendomme se missie is om:
1. 'n Professionele eiendomsagentskapdiens aan alle kliënte te
lewer;
2. Binne die gedragskode van eiendomsagente gewillige en bekwame
kopers vir
alle beskikbare eiendomme te vind;
3. Om 'n ondersteunende naverkoopdiens aan ons kliënte te lewer;
4. Sover moontlik en binne ons vermoë, aan al die eiendomsbehoeftes
van ons
kliënte te voorsien.
Gedragskode:
3 Palms Eiendomme onderwerp ons aan die volgende gedragskode:
1. Ons sal te alle tye 'n eerlike en professionele diens aan ons
kliënte lewer en
hul met respek en waardigheid bedien.
2. Ons onderwerp ons aan die Wet op Eiendomsagentskapsaangeleenthede,
Wet
112 van 1976, die regulasies en die
gedragskode daarvolgens.
3. Ons sal trustgelde ingevolge die Wet hanteer.
4. Ons sal persoonlike inligting van verkopers, kopers, verhuurders
en
huurders vertroulik hou.
5. Ons sal onder geen omstandighede wanvoorstellings maak nie.
6. Ons sal na ons beste wete te alle tye aan alle kliënte die beste advies lewer.
7. Ons sal ons kliënte se belange altyd eerste stel.
8. Ons sal daarna streef om ons deurlopend beter te bekwaam om 'n
beter diens
te lewer in 'n al groter kompeterende
industrie.
9. Ons is altyd bereid om die ekstra myl saam met ons kliënte te
loop.
10. Ons sal, ongeag persoonlike voorkeure, altyd as 'n span saamwerk
ten einde
die visie en missie van 3 Palms
Eiendomme te verwesenlik.
Simboliek van Embleem:
Die Drie Palms
Verteenwoordig die drie partye in 'n eiendomstransaksie naamlik, die
verkoper (ook verhuurder), die koper (ook huurder) en die eiendomsagent.
Die Son
Skyn op al drie die partye wat gelyktydig voordeel uit die transaksie trek.
Die Vierkant
Almal en alles in die transaksie word regmatig behandel.
|
|
|
kliek op fotos om te vergroot

Mike en Hannie de Nysschen

Kantoor te Boknesstrand
|